top of page

Die Sin van Jou Lewe

  • Writer: Rita Egolf
    Rita Egolf
  • 2 days ago
  • 5 min read
Sculpture of thinking man
"Wat is die sin van my lewe?" – dis 'n vraag wat 'n mens soms vra as jy moedeloos is en as dinge nie so goed gaan nie. Hoekom is ek eintlik hier?

"Wat is die sin van my lewe?" – dis 'n vraag wat 'n mens soms vra as jy moedeloos is en as dinge nie so goed gaan nie. Hoekom is ek eintlik hier? Behoort 'n gelowige se lewe nie meer sinvol te wees as myne nie? Wat gaan ek eendag doen, watter werk wil die Here hê moet ek doen?


"As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!"


Op baie van hierdie vrae kry ons antwoorde in Johannes 7:37-39. Dit was tydens die Loofhuttefees in Jerusalem. Die Jode het vir 7 dae aanmekaar die swerftog in die woestyn en die intog in die Beloofde Land gevier. Elke dag is van die water van Siloam by die altaar uitgegooi om te wys dat die Here aan die volk water in die woestyn gegee het en dat Hy nou nog reën gee. Dit was ook 'n be­wys dat Hy baie seën sal gee as die Messias kom.

Op die agtste dag, toe daar nie weer water uitgegooi is nie, het Jesus opgestaan en geroep: "As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!" Hy sê vir die mense: "Ek is die water wat eintlik lewe gee. Glo in My en jy sal nooit weer geestelik dors wees nie" (Johannes 4:14). Dit is waaroor julle fees eintlik gaan!


"Met die een wat in My glo ... Strome lewende wa­ter

sal uit sy binneste vloei"


Jesus Christus word vir die gelo­wige die Fontein van lewegewen­de water. Om in Hom te glo, is die ewige lewe te (Johannes 6:47). Maar die Here gaan verder. Mense wat glo, wat die Bron van die water in hulle lewens het, kry die belofte: jy sal nie net genoeg water kry om jou dors te les nie; jy sal soveel kry dat dit oorloop, dat dit uit jou binneste sal vloei. Is dit nie wonderlik nie? Die Here Jesus beloof 'n oorvloed van seën in jou lewe!


Die Heilige Gees maak Jou Lewe Sinvol


Ná die uitstorting van die Heilige Gees, het hierdie belofte vir elke gelowige waar geword. Die Heilige Gees maak jou lewe vol, ja sin-vol. Kyk wat het jy: 'n Verlosser wat Koning is oor alles; 'n Vader wat vir jou alles gee wat jy nodig het, en 'n Trooster wat jou lei en help! Is dit nie 'n vol lewe nie, 'n lewe wat oorloop nie? Maar hier­die voorreg vra van jou verant­woordelikheid …


Sorg dat Jou Lewe Sinvol is (Die Sin van Jou Lewe)


Dit is nie verniet dat die Here Jesus 'n mens se lewe laat oorloop nie. Hy doen dit met 'n doel… sodat die stroom ook ander mense kan bereik! En hier sit die eintlike sin van jou lewe: om God te verheerlik deur ander mense te dien met die stroom wat uit jou vloei (Galasiërs 5:13). En hierdie diens kan op baie maniere gebeur. Kom ons noem net 'n paar.


Maniere van Diens


Praat met Vrymoedigheid oor Jesus Christus

Een van die kenmerke van iemand wat die Heilige Gees het, is vry­moedigheid : die vermoë om met ander mense te praat oor Wie Jesus is en wat Hy gedoen het, ook vir hulle. As jy gelowig is, moet jy oorloop daarvan en jou stroom met ander deel.


Lewer diens – veral Teenoor Gelowiges

Een van die dinge wat die Heilige Gees in jou lewe doen, is om aan jou sekere gawes te gee. Dit is deel van die oorvloed… en moet daarom ook in diens van an­der gebruik word (1 Petrus 4:10, 11). Wat jy nou doen, of wat jy eendag gaan doen, of wat jy stu­deer, is nie om jouself te dien nie. Deur jou werk moet jy diens lewer; die eerste doel van werk is nie om geld te maak nie!


Maar hierdie gawes moet in die gemeente gebruik word – dit is eintlik belangriker, want dit is waar dit begin. 'n Sinvolle lewe begin by die gemeentelike lewe en hoe jy daar ander met jou gawes dien.


'n Sinvolle Lewe is 'n Dienende Lewe


Ons vra baie maal die verkeerde vraag: wat bied die lewe my? Die vraag wat 'n gelowige (met die stroom van die Heilige Gees) moet vra is: "Wat kan ek vir ander doen? Hoe kan ek my lewe sinvol maak om God te verheerlik?


Vra daarom God die Heilige Gees om jou deur die Bybel so te lei dat jy die sin van die lewe sal raaksien: Jesus Christus is Koning. Vra die Heilige Gees vir die krag om jou lewe sinvol te maak: deur die strome van lewen­de water wat uit jou binneste vloei na ander te laat oorloop!



Wees dan baie versigtig hoe jy leef—nie as onwys nie, maar as wyse, en maak die meeste van elke geleentheid, want die dae is boos.


Wat jy ook al doen, werk daaraan met jou hele hart, soos om vir die Here te werk, nie vir mense-heersers nie, want jy weet dat jy 'n erfdeel van die Here as beloning sal ontvang. Dit is die Here Christus wat jy dien.


Moenie aan die patroon van hierdie wêreld voldoen nie, maar word getransformeer deur die vernuwing van jou verstand. Dan sal jy in staat wees om te toets en goed te keur wat God se wil is—sy goeie, welgevallige en volmaakte wil.


Wees stil voor die Here

en wag geduldig vir hom;

moenie bekommerd wees as mense op hul maniere slaag nie,

wanneer hulle hul bose planne uitvoer.


Wanneer tye goed is, wees gelukkig; maar wanneer tye sleg is, dink hieraan: God het die een sowel as die ander gemaak. Daarom kan niemand iets oor hul toekoms ontdek nie.


Hy het alles mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die ewigheid in die menslike hart geplaas; tog kan niemand peil wat God van begin tot einde gedoen het nie.


U maak my die lewenspad bekend;

U sal my vervul met vreugde in u teenwoordigheid,

met ewige genietinge aan u regterhand.


As ons lewe, leef ons vir die Here; en as ons sterf, sterf ons vir die Here. Dus, of ons lewe of sterf, ons behoort aan die Here.


So of jy eet of drink of wat jy ook al doen, doen dit alles tot eer van God.


Weet julle nie dat julle liggame tempels is van die Heilige Gees, wat in julle is, wat julle van God ontvang het nie? Jy is nie jou eie nie; jy is teen 'n prys gekoop. Eer God daarom met julle liggame.


1 Comment

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Nita.kearney
2 days ago

Hierdie artikel gee n duidelike uiteensetting van "strome van lewende water" wat elkeen van ons wat glo, verseker moet lees! Maranatha

Like
Multi choice subscription

© 2026 deur Ponderings. Alle regte voorbehou.

Privaatheidsbeleid

bottom of page