K R U M M E L S
Jou daaglikse woord van wysheid uit die Bybel, bemoediging vir jou lewenspad met Jesus.
31.12.2025
DIE TOEKOMS
Op die laaste dag van hierdie jaar, kyk ons terug na die verlede en peins ons oor dit wat was! Dit is ‘n natuurlike aksie van die mens maar moenie vasgevang wees in die verlede nie! Daardie tye is verby, vir ewig! Kyk nou vorentoe met hoop en vewagting na die Goedheid en Guns van God wat jou gebring het tot op hierdie dag en hou vas aan Sy belofte om jou te dra in 2026! Hy sal jou dra, Hy ken jou naam, Hy is jou God en Vader! Gee Hom die eer vandag in bly in Hom! JMK
Prediker 7:10
‘Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie...’
- Ons moet die lewe met 'n toekomsgerigte benadering lewe.
- Ons kan aarsel en die verlede onthou, maar ons moenie daar vassteek nie.
- Die toekoms lê voor ons met al sy onsekerheid en geleenthede.
- Jy kan met die verwagting lewe dat God jou sal aanhou dra.
Vader, dankie dat U my tot op hierdie punt in my lewe gebring het. Ek erken dat U met my was en dat U my gedra het. Ek vier my herinneringe, maar nou kyk ek vorentoe met vertroue in U.
Amen.
Erkenning : Alive to God (Afrikaans)
Voorneme - Te Groot? (Woensdag)
Voorneme - Opoffer (Dindsdag)
Voorneme - Uit die As (Maandag)
Ds Otto Clasen - Leef die Woord



