“Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid”. (Matteus 5:6) Die generasie van my era, het die woord “Seën” met soveel respek gebruik, veral ten opsigte van die Ou Testament wat die heiligheid van “Seënwense” duidelik aan ons voorhou. Maar in ons era, vandag, word seëninge so onoordeelkundig en sonder inagneming van die diepere, geestelike oorsprong daarvan gebruik, dat die woord bykans sy betekenis volkome verloor het. Seën is van God en kan nie ligtelik opgeneem word