Vader ek het gebring na U troon
My Bondeltjie twyfel
En my sakkie vol hoop
Ek het met trane voor U troon
My bondeltjie twyfel uitgestrooi
Net om te onthou van my sakkie vol hoop
Wat nog nie oopgemaak is nie
Toe ek my sakkie vol hoop oopmaak
Toe gooi ek my bondeltjie twyfel weg
Ek kyk na al die beloftes en liefde in my sakkie vol hoop
En begin om U te loof
Want uit daardie sakkie kom n Kleiner sakkie
Die klein sakkie van wonderwerke
Dit is alleenlik sigbaar as die sakkie amper leeg is
En daar, sien ek met my eie oë die wonderwerk van God
Die Genesings krag
Die Liefde
Die Kruis
Dankie Vader dat U my gehelp het om daardie Bondeltjie te dra
Maar nooit die sakkie van Liefde en wonderwerke vergeet het nie!
Dankie Abba Vader vir Rita se wonderwerk in daardie sakkie